Modulekode | ACO 171 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | Om die nuwe mondhigiëne student bekend te stel aan die tandheelkundige-en universiteitsomgewing. Hierdie module dien as die fondament vir die totale mondhigiëne program en dra by om die student meer tuis en gemaklik in die nuwe omgewing te laat voel. Hierdie module behels die volgende: • Professionalisme en etiek • Groepwerk en kommunikasie • Gebruik van die biblioteek en korrekte gebruik van verwysings in take • Akademiese vaardighede soos onder andere akademiese skryf en lees, effektiewe studiemetodes en hoe om take te doen • Tandheelkundige terminologie • Tandheelkundige spesialiteite • Tandheelkundige instrumente, toerusting en materiale • Tandheelkundige kartering • Infeksiebeheer • Beroepsveiligheid • Borsel- en vlosmetodes |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 5 lesings per week, 5 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Gemeenskapstandheelkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App